ATKV-Oesfees sê dankie met ’n dag van dans, sang en koeksisters

Begin die jaar op ’n hoë noot
January 22, 2015
Valiant Swart on stage
January 28, 2015

ATKV-Oesfees sê dankie met ’n dag van dans, sang en koeksisters

Cape Winelands berig dat meer as vyfduisend feesgangers die grasperke van Solms-Delta-wynlandgoed volgepak het op Saterdag 22 Maart by die ATKV-Oesfees soos hul die einde van die Kaapse Wynlande se oes in ’n dag  van musiek, kos en wyn vier.

Plaaslike talent en onlangs ontdekte musikale juwele van die afgeleë Richtersveld, het die verhoog met bekendes soos Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Karen Zoid, Loukmaan Adams, Valiant Swart en Ollie Viljoen gedeel. Die jaarlikse Boland Oesfees is nou in sy sewende jaar en het hom al self gevestig as ’n integrale deel van die Kaapse Wynlande, waar elkeen, van plaaswerkers tot plaaseienaars, saam kom om te kuier en vastrap, in eer van die Kaapse geskiedenis.