ATKV- Rieldanskampioene

Koos Kombuis
February 2, 2015
Chris Chameleon
February 2, 2015

ATKV- Rieldanskampioene

Rieldans is een van die oudste vorms van dans. Dit kom van die Khoi-San wat dans gebruik om stories te vertel. Dit word ‘ikhapara’ genoem deur die Nama en behels hoë energievlakke en vinnige voetwerk. Die dans vertel n storie van liefde en toenadering. Van die bewegings is baseer op diere se manier van hofmakery, veral die volstruis. Dit word ook geassosieer met die Kaapse vastrap styl. Die Rieldans herontdek antieke tradisionele bewegings en word gekombineer met kontemporêre kultuur.

Betjies van Betjiesfontein
Betjiesfontein Rieldansers pic
Betjies van Betjiesfontein is ‘n tweemalige ATKV-rielkampioen in die junior afdeling. Hulle spog met optredes by verskeie geleenthede waaronder die Vryfees, Huisgenoot Skouspel, Infecting the City en Weskus Makietie.
Hulle word ook gereeld deur die ATKV as opleiers van nuwe en opkomende rielgroepe gebruik. Die groep is veral bekend vir hul vernuftige voetwerk en energieke danspassies.