Kids Zone

Wie sê die Oesfees is nie vir kinders nie?


Die KidZone by vanjaar se ATKV-Oesfees waarborg ure se vermaak vir die kleinspan. Ouers kan kinders tussen die ouderdomme 2 tot 12 inteken en met gemoedsrus die feesverrigtinge geniet. Elke ouer en kind kry `n armband en geen kind mag die KidZone verlaat sonder sy of haar ouer nie.

Daar sal verskeie vermaaklikhede vir die kleingoed wees. Van kuns, handewerk aktiwiteite, ballonfigure bou, hulle gesigte laat verf, karnavalspeletjies tot bordspeletjies en kroukie op die grasperk.

Kom deel in die feestlikhede op Saterdag, 25 Maart, en bring die kinders saam!