Kuier saam op Saterdag
25 Maart 2017

Te sien in 2017

  • African Jazz Pioneers
  • Delta Langbroek Band
  • Klein Handjies Kinderkoor & Rieldansers
  • Papier Family Band
  • Brian Cloete & Wasgoedlyn
  • Hannes Coetzee
  • ATKV Rieldans kampioene
  • Manouche
  • Lekker-Lekker-Delta
  • Churchil Naudé & Wasgoedlyn
  • Akkedis Band
  • Radio Kalahari Orkes

  • Tribal Echo
  • Die Soetstemme
  • Delta Valley Entertainers
  • Hemelbesem en Yoma
  • Les Javan
  • Sue Pyler
  • Hemelbesem
  • Riku Latti
  • Bacchus Nel
  • Jackie Latti
  • Wasgoedlyn
  • Nick Turner

Waarvoor wag jy? Koop jou kaartjie nou!


Kom geniet die ATKV-Oesfees by Solms-Delta! Op Saterdag, 25 Maart, gaan van die beste kunstenaars soos Sue Pyler, Delta-Langbroek-band, Lekker-Lekker-Delta, Wasgoedlyn en ‘n hele paar verrassings jou vir ure lank vermaak!

Die Oesfees vind vanjaar in die hartjie van die Boland plaas, waar gewaarborgde vermaak die orde van die dag sal wees.

Kry jou kaartjies vroegtydig om teleurstelling te voorkom!

Koop nou

Gewilde kunstenaars


African Jazz Pioneers

Die African Jazz Pioneers is ’n Suid Afrikaanse groep wat die welbekende jazz musiekstyl meng met die marabi klank vanuit die townships. Hulle is tans besig met hul 6de album.


Akkedis

Akkedis het gevorm in die vroeë negentigs met die Dennis tweeling (Arthur en Rudolph) wat hul eie komposisies op Stellenbosch voor die studente beproef het.


Wasgoedlyn

Die mees kreatiewe en veelsydige musikante met vele ander talente word van wye en verrassende oorde bymekaargebring in Wasgoedlyn.


Hannes Coetzee

Hannes Coetzee tree al sedert die ontstaan van die ATKV-Oesfees op Solms-Delta op. Hy staan bekend as een van die mees ongewone kitaarspelers ter wêreld.



Papier Family Band

Mathinus Papier, gebore in 1919, het ’n lang pad gekom om die Papier Family Band te skep. Nadat hy besef het dat hy deel is van ’n baie musikale familie, het hy besluit om die groep in 1932 te stig.


Tribal Echo

Tribal Echo is ‘n op-en-wakker Suid-Afrikaanse orkes, met hul eie Afrikaanse musiekstyl, genaamd KlipKopRok.


Sue Pyler

Sue Pyler is ’n Vrydag-die-13de baba met geen slegte geluk agter haar naam nie. Sy het oorspronklik medisyne studeer, maar het gou op die verhoog beland – in ’n ánder soort teater.


Radio Kalahari Orkes

Die Radio Kalahari Orkes bring ’n nuwe styl na die boeremusiektoneel – deur ’n swaar folk-rock invloed te toon. Hulle maak dikwels gebruik van egte akoestiese instrumente.



Delta Valley Entertainers


Delta Langbroek


Klein Handjies


Die Soetstemme



Les Javan


Lekker Lekker Delta


Manouche